Numeri 34:5-16 Die Boodskap (DB)

5. waar dit wegdraai en al met die kloof wat die grens met Egipte vorm, langs strek tot by die Middellandse See.

6. “Die Middellandse See vorm die wesgrens van julle land.

7. “Aan die noordekant loop die grens van die Middellandse See af tot by die berg Hor,

8. en van daar af tot by die kloof deur Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe

9. en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is die noordgrens.

10. “Die oostelike grens loop van Gasar-Enan af tot by Sefam.

11. Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan deur die berge teen die oostelike oewer van die Meer van Gennesaret en dan al met

12. die Jordaanrivier langs tot by die Dooie See. Dit is hoe die grense van julle land lyk.”

13. Moses het vir die Israeliete gesê: “Hierdie is die gebied wat die Here gee aan die nege en ’n half stamme wat nog nie grond gekry het nie. Julle moet lootjies trek om te sien wie watter deel kry as hulle eiendom.

16. Verder het die Here vir Moses gesê:

Numeri 34