Numeri 34:14-15-29 Die Boodskap (DB)

2. “Sê vir die Israeliete Ek gee vir hulle die hele land Kanaän om in te bly, dit behoort nou aan hulle. Die grense van die land lyk so:

3. “Julle suidgrens strek van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Dooie See,

4. daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas af weg in die rigting van Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea af tot by Gasar-Addar en verby tot by Asmon,

5. waar dit wegdraai en al met die kloof wat die grens met Egipte vorm, langs strek tot by die Middellandse See.

6. “Die Middellandse See vorm die wesgrens van julle land.

7. “Aan die noordekant loop die grens van die Middellandse See af tot by die berg Hor,

8. en van daar af tot by die kloof deur Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe

9. en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is die noordgrens.

14-15. Die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het mos reeds hulle grond aan die oostekant van die Jordaanrivier regoor Jerigo gekry.”

16. Verder het die Here vir Moses gesê:

17-18. Die mense wat verantwoordelik is daarvoor om toe te sien dat die land regverdig verdeel word, is die priester Eleasar en Josua saam met ’n leier uit elke stam.

29. Dit is die leiers aan wie die Here die opdrag gegee het om die grond in Kanaän onder die Israeliete te help verdeel.

Numeri 34