Numeri 31:36-49 Die Boodskap (DB)

36. Die soldate wat gaan veg het, se deel was 337 500 stuks kleinvee,

37. waarvan 675 ’n geskenk aan die Here was,

38. 36 000 beeste, waarvan 72 ’n geskenk aan die Here was,

39. 30 500 donkies waarvan 61 ’n geskenk aan die Here was,

40. en 16  000 mense van wie 32 ’n geskenk aan die Here was.

41. Moses het vir die priester Eleasar sy deel gegee soos die Here gesê het.

42. Die ander Israeliete se deel

43. was 337 500 stuks kleinvee,

44. 36 000 beeste,

45. 30  500 donkies en

46. 16 000 mense.

47. Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat volgens die Here se opdrag, en dit vir die Leviete gegee wat in beheer was van die tabernakel.

48. Die offisiere en onderoffisiere van die soldate wat gaan veg het, het toe na Moses toe gekom en vir hom gesê:

49. “Ons het al die manskappe onder ons bevel getel. Nie een is in die oorlog dood of vermis nie.

Numeri 31