30. Die getal soldate binne dié groep is 53 400.
31. Die totaal van die troepe onder leiding van Dan is altesaam 157 600 soldate. Hierdie stamme moet laaste trek.”
32. Dit was dan die totaal van al die Israeliete, volgens hulle families. Al die geteldes in die kampe, ingedeel in verskillende leërafdelings, was 603 550 soldate.
33. Soos die Here vir Moses beveel het, is die Leviete se getalle nie hierby ingereken nie.