1. In die middel van die lente in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het, het die Here met Moses in die tabernakel, die spesiale tent waar Hy hom ontmoet het, gepraat en vir hom gesê:
4. Kry een hoof uit elke stam om julle hiermee te help.
5. Hier is die name van die mense wat julle moet help: uit die stam Ruben: Sedeür se seun Elisur;
6. uit Simeon: Suri-Saddai se seun Selumiël;
7. uit Juda: Amminadab se seun Nagson;
8. uit Issaskar: Suar se seun Netanel;
9. uit Sebulon: Gelon se seun Eliab;
10. uit die nageslag van Josef, uit Efraim: Ammihud se seun Elisama, en uit Manasse: Pedasur se seun Gamliël;
11. uit die stam Benjamin: Gidoni se seun Abidan;
12. uit Dan: Ammi-Saddai se seun Agiëser;
13. uit Aser: Okran se seun Pagiël;
14. uit Gad: Reüel se seun Eljasaf;
15. uit Naftali: Enan se seun Agira.”
16. Hierdie stamhoofde, wat almal leiers in hulle eie families is, is die mense wat toe deur die volksvergadering aangewys is.
17-18. Moses en Aäron het saam met hierdie leiers toe die volk op daardie dag bymekaar laat kom om hulle te laat registreer volgens hulle familiegroepe en stamme. Al die mans van twintig en ouer se name is een vir een opgeskryf,
19. volgens die Here se opdrag aan Moses. Dit het in die Sinaiwoestyn gebeur.