4. Toe het ek gebid: “God, luister hoe spot hulle ons! Draai hulle gespot teen hulle sodat met hulle gebeur wat hulle ons toewens. Laat hulle weggevoer word as ballinge in ’n vreemde land.
5. Moenie hulle verkeerde dade vergewe of hulle sondes vergeet nie, want hulle het die bouers beledig wat besig is om u opdrag uit te voer.”
6. Ons het verder aan die muur gebou. Kort voor lank was dit halfpad voltooi omdat almal met hart en siel help bou het.