Nehemia 11:1-3 Die Boodskap (DB)

1. In hierdie stadium was dit nog net die leiers van die volk wat in die heilige stad, Jerusalem, gebly het. ’n Tiende van die mense van die omringende dorpe is deur die lot aangewys om ook daar te kom bly. Die res van die mense het in die dorpe aangebly om daar met die boerderywerksaamhede voort te gaan.

2. Daar was mense wat bereid was om uit hulle eie in Jerusalem te gaan bly; hiervoor het die ander mense baie groot waardering gehad.

3. Hier volg nou ’n lys van die name van die hoofde van provinsies wat in Jerusalem gaan woon het. Die meeste van die mense, die priesters, die Leviete, die tempelwerkers en die nageslag van Salomo se amptenare het in hulle eie huise op hulle eie grond in hulle eie stad bly woon.

Nehemia 11