1. Miga het gesê: “Daar sal ’n tyd kom wanneer die tempel in Jerusalem die belangrikste plek op aarde sal wees. Mense van verskillende lande en volke sal na die tempel toe kom om die Here te kom dien.
2. “Hulle sal sê: ‘Kom ons gaan na die tempel toe in Jerusalem, want Israel se God is daar. Ons wil graag by Hom leer hoe ons behoort te lewe. Jerusalem is ’n belangrike plek, want dit is waar ons sal kan uitvind of die Here iets spesiaals vir ons tyd wil sê.’
3. Al is daar nasies wat ver van Jerusalem af bly, dit maak nie saak nie. Die Here sal die probleme tussen hulle oplos. Hy sal hulle so ver kry om liewer van hulle wapens landbougereedskap te maak. Die verskillende nasies sal nie meer teen mekaar baklei nie en nie eens meer leer om oorlog te maak nie.