1. Terwyl Jesus daar rond was, was daar op ’n slag weer so baie mense bymekaar. Hulle het niks by hulle gehad om te eet nie. Jesus roep toe sy getrouste volgelinge eenkant toe en sê:
2. “Ek voel jammer en bekommerd oor die mense. Hulle is nou al drie dae hier by My en hulle het niks meer oor om te eet nie.
3. As Ek hulle nou op ’n leë maag huis toe stuur, is Ek seker gaan party van hulle dit nie maak nie, want hulle bly baie ver.”
4. Sy volgelinge sê toe: “Waar op aarde gaan ons hier in die grammadoelas kos kry vir so baie mense?”
5. “Hoeveel kos het ons?” vra Jesus.“Ons het sewe brode,” kom die antwoord.
6. Jesus vra die mense toe om almal op die grond te gaan sit. Hy het vir God dankie gesê vir die kos en die brood begin deel. Die dissipels het die stukke brood vir die mense uitgedeel.
7. Daar was ’n paar klein vissies ook. Ook daarvoor het Jesus vir God dankie gesê en dit onder die mense uitgedeel.
8. Die mense het geëet tot hulle genoeg gehad het. Na die tyd het die dissipels die kos wat oorgebly het, bymekaargemaak - dit was sewe houers vol.
18-19. Julle het oë, maar sien niks nie en het ore, maar gaan soos dowes deur die lewe. Kan julle dan nie onthou hoe baie kos oorgebly het toe Ek met vyf brode vir die 5 000 mense kos gegee het nie?”“Twaalf houers vol,” antwoord hulle vinnig.