Markus 6:38-48 Die Boodskap (DB)

38. “Gaan kyk ’n bietjie hoeveel kos ons het,” vra Jesus toe.Hulle kyk toe rond. “Vyf brode en twee visse,” kom die antwoord.

39-40. Jesus vra toe sy getrouste volgelinge om die mense in groepies, so tussen 50 en 100, op die groen gras te laat sit.

41. Jesus vat die kos en sê vir God dankie daarvoor. Voor die mense begin Hy toe die kos deel, terwyl sy volgelinge dit vir hulle gee om te eet.

42. Almal het geëet tot hulle genoeg gehad het.

43. Daarna het sy volgelinge die kos bymekaargemaak wat oorgebly het, ’n hele twaalf mandjies vol.

44. Daar was baie mense; net die mans wat saamgeëet het, was 5 000.

45. Toe hulle klaar geëet het, het Jesus die klomp mense gevra om huis toe te gaan. Hy het ook sy klein groepie getrouste volgelinge solank met die skuit vooruitgestuur na Betsaida toe.

46. Nadat Hy alles gereël het en die mense weg was, is Hy teen die berg op om te gaan bid.

47. Toe dit al goed donker was, was die boot mooi in die middel van die see. Jesus was alleen op die strand.

48. Hy het gesien hoe sy dissipels swoeg met die roeiery, want die wind was teen hulle.

Markus 6