Markus 5:29-32 Die Boodskap (DB)

29. Sy kom van agter af en vat aan Hom. Sy kon aan haar liggaam voel hoe sy beter word en die pyn weggaan. Sy was gesond!

30. Jesus het dadelik geweet dat iemand van sy krag gebruik het om gesond te word. Hy draai toe om en vra: “Wie’t aan My gevat?”

31. Die dissipels was dadelik by: “U sien tog hoe druk en beur die mense hier om U. Hoe kan U nog vra: ‘Wie’t aan My gevat?’”

32. Maar Jesus het Hom nie aan hulle gesteur nie, maar bly rondkyk om te sien wie dit was.

Markus 5