Markus 15:45-47 Die Boodskap (DB)

45. Hy vra toe vir die bevelvoerder van die soldate of Jesus regtig al dood is. Dié sê toe ja. Pilatus sê toe vir Josef dat hy maar vir Jesus kon gaan begrawe.

46. Josef het ’n groot stuk linne gekoop en nadat hy Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het, het hy die liggaam in die linnedoek toegedraai. Hy het Jesus gaan begrawe in ’n graf wat uit rots gekap was en soos ’n kamertjie gelyk het. En hy het ’n groot ronde klip voor die ingang van die graf gerol.

47. Maria Magdalena en Maria, Jesus se ma, het gesien waar hy Jesus begrawe het.

Markus 15