1. Sommer vroeg die volgende môre het die Joodse godsdienstige leiers en die Joodse Raad besluit wat hulle gaan doen. Hulle het Jesus in boeie na die Romeinse goewerneur, Pilatus, toe gestuur om die saak verder te hanteer.
2. “Is jy die koning van die Jode?” was Pilatus se eerste vraag.“Ja, wat jy sê, is waar,” kom dit van Jesus.
3. Die leiers onder die priesters kom toe met ’n klomp stories waarmee hulle Jesus beskuldig.
4. Pilatus vra Jesus toe weer: “Luister net wat sê hierdie mense alles van jou. Wil jy nie jouself verdedig nie?”