Levitikus 1:14-16 Die Boodskap (DB)

14. “As iemand vir die Here ’n voël bring om op die altaar te verbrand, kan dit ’n tortelduif of enige ander duif wees wat hy kom offer.

15. Die dienaar wat by die tent werk, bring die voël na die offerplek toe. Hy draai die duif se nek om. Hy verbrand dit op die altaar. Hy druk die bloed van die duif teen die kant van die offerplek uit.

16. Hy sny ook die krop en die ingewande van die duif uit. Hy gooi dit weg aan die regterkant van die offerplek waar die uitgebrande as en vet lê. Daarna skeur hy die voël aan sy vlerke oop sonder om dit heeltemal uitmekaar te skeur. Die persoon wat by die tent werk, verbrand dan die duif in die vuur op die altaar. Dit word ook beskou as ’n brandoffer, ’n vuuroffer, waarvan die Here baie hou.”

Levitikus 1