22. Die spioene is toe weg na die berge toe. Daar het hulle drie dae lank weggekruip. Die koning se manne het intussen oral na hulle gesoek. Uiteindelik het hulle teruggekeer stad toe omdat hulle niks gekry het nie.
23. Daarna is die twee spioene bergaf en deur die Jordaan terug na Josua toe. Hulle het hom alles vertel wat gebeur het.
24. Hulle het ook vir hom gesê: “Die Here gaan ons beslis hierdie land laat inneem, want die mense is verskriklik bang vir ons.”