Josua 19:30-49 Die Boodskap (DB)

30. Uma, Afek en Regob is van die stede wat bykom. Altesaam is daar 22 stede met hulle omringende dorpe.

31. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Aser se families as erfdeel gekry het.

32. Die sesde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Naftali.

33. Hulle grens begin by Gelef, by die groot eikeboom in Saänannim, en loop oor Adami-Nekeb en Jabneël tot by Lakkum, tot waar dit doodloop teen die Jordaan.

34. Van daar af draai die grens wes na Asnot-Tabor toe en loop daarvandaan aan na Gukok toe, teen Sebulon aan die suidekant en teen Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaan aan die oostekant.

35. Die gebied sluit die volgende versterkte stede in: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes, altesaam negentien stede met hulle omringende dorpe.

39. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Naftali se families as erfdeel gekry het.

40. Die sewende en laaste stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Dan.

41. Hulle grondgebied het die volgende stede ingesluit: Sora, Estaol, Ir-Semes,

42. Saälbim, Ajalon, Jitla,

43. Elon, Timna, Ekron,

44. Elteke, Gibbeton, Baälat,

45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,

46. Me-Jarkon, Rakkon, asook die gebied regoor Joppe.

47. Toe die mense van Dan van hulle grond af verdryf is, het hulle Lesem aangeval, die inwoners doodgemaak en die stad oorgeneem. Nadat hulle hulle daarin gevestig het, het hulle die stad se naam verander na Dan ter ere van hulle voorvader Dan.

48. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Dan se families as erfdeel gekry het.

49. Nadat al die stamme van Israel hulle eie deel van die land gekry het, het hulle ook vir Josua die seun van Nun ’n stukkie land gegee waarop hy kon bly.

Josua 19