54. “Kyk, Ek probeer nie voorgee dat Ek belangriker is as wat Ek regtig is nie. Dit sou niks help nie,” sê Jesus. “Dit is my Vader wat wil hê dat julle moet sien hoe belangrik Ek regtig is. En weet julle wie is my Vader? Dit is niemand anders as die Een wat julle julle God noem nie.
55. Julle herken Hom natuurlik nie in wat Ek sê of doen nie, maar Ek weet dit is Hy. Ek ken Hom en Ek doen wat Hy sê. Ek moet dit vir julle sê. As Ek maak asof dit nie so is nie, is Ek ook net nog ’n leuenaar.
56. Dit het julle vader Abraham baie opgewonde gemaak om hom net voor te stel hoe dit sou wees as Ek kom. Hy het nie daaraan getwyfel dat Ek sou kom nie en hy was bly daaroor.”
57. Die Jode sê toe vir Hom: “Sjoe, dis darem ’n mond vol! Jy sê jy het Abraham gesien, maar jy’s nog nie eens 50 nie.”
58. Jesus sê toe: “Luister hierna: Abraham was nog nie eens gebore nie, toe was Ek al daar.”
59. Dit was vir die Jode die laaste strooi. Hulle het klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Voor hulle hulle egter kom kry, is Jesus daar weg, die tempel uit.