33. “Wie egter luister na wat Hy sê, bevestig daarmee dat God waar is en dat die waarheid van God af kom.
34. God het Hom gestuur om sy boodskap vir ons te bring. Die Seun kan dit doen, want God het die Gees aan Hom gegee sonder voorwaarde of beperking.
35. Die Vader het sy Seun lief en het alles aan Hom gegee. Daarom het die Seun beheer oor alles.
36. “Iemand wat dus deur geloof ’n vriend van die Seun word, sal vir ewig en altyd sy vriend bly. “Maar iemand wat die Seun die rug toekeer en nie na Hom wil luister nie, sal nooit so ’n vriendskap ken nie. Hy sal wel iets anders leer ken: die woede en straf van God!”