23. Jesus was vir die paasfees in Jerusalem. Baie mense het daar die wonderlike dinge gesien wat Hy gedoen het. Hulle het besef dat hierdie dinge tekens is van iets baie groters. Daarom het hulle in Jesus begin glo.
24-25. Jesus het egter geweet hoe onbetroubaar mense is. Niemand hoef dit vir Hom te vertel het nie. Daarom het Hy hulle nie sommer vertrou nie.