18. Die vee bulk en blêr van die honger. Die beeste dwaal oral rond op soek na iets om te vreet, want daar is nie meer kos nie. Tot die kleinvee kry al swaar.
19. Help ons, Here! Ons weivelde en ons bome is verdroog. Dit is of ’n vuur alles rondom ons weggebrand het.
20. Selfs die wilde diere van die veld wag dat U moet ingryp, want al die spruite het opgedroog. Daar is niks vir hulle om te eet of te drink nie. Die son het alles doodgebrand.