Job 8:16-19 Die Boodskap (DB)

16. Hulle is soos ’n plant wat goed groei in die son. Die wortels van die plant sprei oor die hele tuin uit.

17. Die wortels boor tussen die klippe en rotse in sodat dit goed kan vashou.

18. Maar as hierdie plant uitgetrek word, sal niemand eens onthou dat daar so ’n plant was nie.

19. Die enigste blydskap wat mense het wat hulle nie aan God steur nie, is dat ander ná hulle in hulle plek sal kom.”

Job 8