Job 8:11-16 Die Boodskap (DB)

11. Bildad het nog aangegaan om te praat: “Die papirusplant groei net in moerasse. Biesies floreer net waar daar water is.

12. Hulle blom nog en kan nog nie eens afgesny word nie, dan verlep hulle al.

13. Dieselfde gebeur met mense wat van God vergeet. Vir hierdie mense wat hulle nie aan God steur nie, is daar nie ’n stukkie hoop oor nie.

14. Hulle vertrou op dinge wat nie baie veilig is nie. Dit is so goed soos om aan die draadjie van ’n spinnerak te hang.

15. Hulle lê teen die spinnerak, maar dit gee pad. Dit help nie eens om dit te probeer vasgryp nie. Hulle vertrou op vals dinge.

16. Hulle is soos ’n plant wat goed groei in die son. Die wortels van die plant sprei oor die hele tuin uit.

Job 8