Job 8:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Bildad, wat van Suag af kom, het Job geantwoord:

2. “Hoe lank gaan jy aanhou om so te praat, Job? Wat jy sê, is soos ’n wind wat alles verwoes.

3. God sal mos nie dinge verdraai wat volgens die wet is nie. Niemand is so magtig soos die Here nie. Hy doen wat reg is.

4. As jou kinders dinge gedoen het wat vir die Here verkeerd is, sal Hy hulle straf. Maar hulle straf sal pas by wat hulle gedoen het. Hulle sal kry wat hulle verdien.

5. Vra wat God wil hê jy moet doen en pleit by Hom om sag met jou te werk.

6. En as jy ook nog op ’n skoon en eerlike manier leef, sal die Here jou goedgesind wees. Hy sal jou weer ’n plek in die lewe gee wat jy verdien.

7. Jy het klein en eenvoudig begin, maar in die toekoms sal dit met jou baie goed gaan.

8. “Gaan steek kers op by mense wat voor ons geleef het. Leer uit die ervaring van ons voorouers.

9. Ons leef nog nie so lank nie; daarom weet ons nie so baie nie. Ons lewe op aarde gaan soos ’n skaduwee verby.

10. Maar jy kan iets leer by die mense wat voor jou geleef het. Hulle sal jou raad gee uit alles wat hulle al gesien en beleef het.”

Job 8