1. Job het sy vriende geantwoord en gesê:
2. “As my hartseer geweeg en my probleme op ’n skaal gesit kon word,
3. sal dit swaarder weeg as al die sand van die see. Dit is hoekom ek so kras gepraat het.
4. Die Here wie se mag geweldig groot is, het my met sy pyle geskiet. Ek is vol van die gif van hierdie pyle. God het vreeslike dinge op my pad gestuur.