20. God het haar nie baie slim gemaak nie. Sy het nie veel verstand gekry nie.
21. Maar die keer as sy opspring en begin hardloop, maak sy ’n gek van ’n perd en sy ruiter. Sy hardloop skoon onder hulle uit.
22. “Job, gee jy miskien vir die perd sy krag? Het jy gesorg vir die golwende maanhare op die perd se nek?
23. Maak jy dit vir hom moontlik om soos ’n sprinkaan te kan spring? Het jy vir die perd sy trotse snork gegee waarmee hy mense afskrik?
24. Hy kap met sy hoef in die grond en wys sy krag. As hy in ’n oorlog ingaan,
25. ken hy nie so iets soos vrees nie. Geen wapen sal hom laat weghardloop nie.