24. Hoe kom ’n mens by die plek uit waar die son opkom? Waar begin die oostewind oor die aarde waai?
25. “Wie het ’n kanaal oopgekap vir die reën wat neerstort? Wie het ’n pad vir die donderstorm oopgemaak?
26. Wie maak dat die reën op die dorre woestynland val waar nie ’n enkele mens te sien is nie?
27. Wie sorg dat ’n droë en dor land nat word sodat daar gras in die grond kan groei?
28. “Het die reën ’n pa? Waar kom dou vandaan?
29. Wie is ryp en ys se ma? Waar kom dit vandaan?
30. Die boonste laag water wat die diepwater toemaak, vries so hard soos klip.
31. “Kan jy die Sewester met ’n band vasbind? Of kan jy die bande van Orion losmaak? Het jy enigsins beheer oor die sterre?
32. Kan jy die sterrebeelde op hulle vasgestelde tyd laat opkom? Kan jy die Beer met haar kleintjies oor die hemelruim laat beweeg?
33. Weet jy hoe die reëls van die hemel werk sodat alles daar reg loop? Weet jy watse invloed dit op die aarde het?
34. “Kan jy vir die wolke skreeu en dan laat hulle reën op jou neerstort?