Job 34:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Elihu het gesê:

2. “Luister na my, al julle verstandige mense, julle wat kennis en besondere insig het.

3. ’n Mens proe gewoonlik aan kos om die smaak te toets. Daarom moet ’n mens mooi luister en toets wat ander sê.

4. Ons moet elkeen probeer uitvind wat reg is en dan besluit ons saam wat die beste is.

5. Want Job het gesê: ‘Ek is onskuldig, maar God keer dat ek reg behandel word.

6. Al is ek onskuldig, noem mense my ’n leuenaar. Ek sit met ’n ongeneeslike siekte en ek het niks eens verkeerd gedoen nie.’

Job 34