12. Ek het mooi geluister, maar nie een van julle kon Job oortuig nie. Julle het ook nie antwoorde gehad vir al sy argumente nie.
13. Moet nou net nie met die argument by my kom dat die regte ding sal wees dat God hom moet oortuig nie.
14. Job het nou wel nie met my gepraat nie, maar ek sou hom beslis nie soos julle geantwoord het nie.
15. Nou weet julle nie watter kant toe nie. Julle weet nie meer wat om te sê nie.
16. Moet ek nou ook stilbly omdat julle niks meer te sê het nie?
17. Nee, ek het my antwoord reg. Ek gaan beslis sê wat ek dink.
18. Ek het baie dinge wat ek wil sê. Ek kan nie wag om te praat nie.
19. Dit voel vir my die woorde gaan uitbars as ek nie nou gaan praat nie.
20. Ek moet praat om uiting te gee aan hoe ek voel. Ek moet Job begin antwoord.
21. Ek wil niemand voortrek of heuning om die mond smeer nie.
22. Ek weet in elk geval nie hoe om dit te doen nie. As ek dit sou waag, sal God wat my gemaak het, soos blits van my ontslae raak.”