Job 30:4-14 Die Boodskap (DB)

4. Hulle het growwe blare geëet en besemboswortels gebrand vir hitte.

5. Die mense het hulle oral weggejaag en vir hulle geskree asof hulle diewe is.

6. Nou bly hulle maar in die droë beddings van die stroompies en kruip weg in grotte en rotsskeure.

7. Daar waar hulle in die bosse was, het hulle geluide soos diere gemaak. Hulle het saam onder die bosse geskuil.

8. Hulle was dom mense wat nêrens ’n goeie naam gehad het nie. Die mense in die samelewing het hulle uitgestoot.

9. “Hulle seuns sing nou liedjies oor my om met my te spot. Hulle maak ’n gek van my.

10. Hulle dink minder as niks van my nie. Hulle kom nie eens naby my nie, behalwe as hulle op my kom spoeg.

11. God het my selfvertroue weggevat en my uitgelewer. Hulle maak nou met my net wat hulle wil.

12. Hierdie gemene spul mense val my sommer openlik aan. Hulle stamp my dat ek daar trek. Hulle bring allerhande goed teen my in om my te vernietig.

13. Hulle bring oral struikelblokke op my pad. Hulle kyk net hoe hulle my in die ellende kan dompel. Hulle weet ek het niemand om my te kom help nie.

14. Hulle breek deur mure en storm deur die rommel op my af.

Job 30