8. Die roofdiere kom nie daar nie. Daar is nog nie ’n leeu wat al daaroor geloop het nie.
9. Die mense kap aan die hardste rotse. Hulle keer amper die berge om soos hulle aan die fondasie grawe.
10. Hulle sny tonnels deur die rotse en soek ywerig na elke moontlike edelsteen wat hulle kan kry.
11. Hulle dam die klein stroompies op op soek na die weggesteekte skatte wat hulle wil uithaal.
12. “Maar waar kan ’n mens wysheid kry? Waar kom iets soos ‘om te kan verstaan’ vandaan?
13. Niemand weet wat wysheid eintlik werd is nie. ’n Mens kry dit net nie onder die mense op hierdie aarde nie.
14. Selfs die diep waters en die see sê: ‘Die wysheid is nie hier by ons nie.’
15. “’n Mens kan nie met goud vir wysheid betaal nie en met geld kan jy dit nie koop nie.
16. Die waarde van wysheid kan nie eers vergelyk word met die fynste goud of kosbaarste diamante of saffiere nie.