Job 28:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Mense weet waar om vir silwer te myn en hoe om goud suiwer te kry.

2. Hulle weet hoe om yster uit die grond te haal. Hulle weet ook dat koper uit erts gesmelt kan word.

3. Dit is baie donker onder die grond, maar mense weet hoe om lig daar te bring en die donker weg te jaag. Die lig maak dit moontlik om die verste donker dele van die aarde deur te soek om erts in die hande te kry.

Job 28