Job 25:3-6 Die Boodskap (DB)

3. Wie kan sy leërmag tel? Is daar iemand oor wie sy lig nie skyn nie?

4. Hoe kan ’n doodgewone mens voor God staan en sê dat hy altyd reg doen en sonder skuld is?

5. Die maan is nie helder genoeg en die sterre nie blink genoeg as jy dit met God vergelyk nie.

6. As dit so is, is mense nog baie minder werd vir die Here. Die mens is eintlik maar net ’n wurm in sy oë!”

Job 25