Job 23:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Job het gereageer op wat Elifas te sê gehad het. Hy het gesê:

2. “Ek wil vandag weer kla. Ek is nog steeds opstandig omdat ek swaarkry. Ek kreun van swaarkry.

3. Ek wens ek het geweet waar om God in die hande te kry. Ek sou na Hom toe gegaan het waar Hy ook al is.

4. Ek sou my saak gestel het en al my argumente vir Hom uitgepak het.

5. Ek sou na sy antwoord geluister het en probeer verstaan het wat Hy sê.

6. Ek glo nie Hy sou sy groot mag gebruik het om my te oorrompel nie. Nee, Hy sou na my geluister het.

Job 23