Job 2:6-11 Die Boodskap (DB)

6. Die Here het vir Satan toegegee: “Nou maar maak dan met Job soos jy wil, maar op een voorwaarde: jy spaar sy lewe!”

7. Satan is toe daar weg. Hy het Job in die hande gekry en hom siek gemaak. Sy hele lyf, van sy kop tot sy tone, het vol sere geword.

8. Job het eenkant in die as gaan sit. Hy het ’n potskerf gevat en sy vel daarmee geskraap.

9. Sy vrou het met hom gepraat en gevra: “Bly jy nog steeds by wat jy glo reg is, Job? Hoekom vloek jy nie die Here en kry klaar en gaan dan dood nie.”

10. Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat net mooi niks verstaan nie. As die Here vir ons goeie dinge gee, vat ons dit sonder om twee keer daaroor te dink. Dink jy dan nie dat ons dit moet aanvaar as Hy ook slegte dinge met ons laat gebeur nie?” Al het al hierdie slegte dinge met Job gebeur, het hy steeds nie iets verkeerds gesê nie.

11. Job het drie vriende gehad wat vir hom kom kuier het. Hulle was Elifas, wat uit Teman gekom het, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het gehoor van die slegte dinge wat Job oorgekom het. Hulle het op ’n tyd besluit en saam vir Job kom kuier. Hulle wou graag vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor wat met hom gebeur het en hom kom moed inpraat.

Job 2