12. Toe hulle Job op ’n afstand sien sit, kon hulle hom skaars herken, in so ’n toestand was hy. Hulle het bitterlik begin huil. Om te wys dat dit vir hulle soos dood was, het hulle hulle klere geskeur en as op hulle koppe gegooi.
13. Hulle het toe vir sewe dae en nagte by hom op die grond gaan sit. Nie een van hulle het ’n woord gesê nie: hulle het tjoepstil gebly. Hulle kon sien dat sy pyn en lyding bitter groot was. Dit was beter om nie te praat nie.