Job 17:12-16 Die Boodskap (DB)

12. My vriende maak of die nag dag is. En wanneer dit donker is, maak hulle of die lig naby is. Hulle verdraai die waarheid.

13. Dit is eintlik ’n hopelose toestand as die graf vir my ’n huis moet wees, dat ek in die donker vir my ’n rusplek moet regkry.

14. Moet ek dan die graf my pa noem en die wurms my ma of my suster?

15. Daar is nêrens enige hoop vir my nie. Niemand anders sien enige hoop vir my nie.

16. My hoop gaan saam met my graf toe. Ons sal maar saam in die stof gaan rus!”

Job 17