15. Hier sit ek soos iemand wat oor ’n dooie rou. Platgeslaan! Ek het klere aan wat van sak gemaak is en ek sit in die stof.
16. My gesig is rooi gehuil en daar is swart kringe om my oë.
17. Ek is nie skuldig aan enige geweld nie. Daar is net mooi niks met my gebede verkeerd nie.”
18. Job het nog gepraat en gesê: “My bloed op die grond bewys dat ek sleg behandel is. Die grond moet dit nie wegsteek nie. Ek skreeu oor die onreg teen my. Moenie dat my geskreeu stilgemaak word nie.
19. Op hierdie oomblik het ek iemand in die hemel wat in my guns getuig. Hy behartig my saak daar en praat namens my.
20. My vriende spot met my; daarom huil ek liewer by God.
21. Ek wens iemand wil namens my by God pleit. Dit moet iemand wees wat dit sal doen soos ’n mens dit vir ’n vriend sal doen.