Job 16:12-17 Die Boodskap (DB)

12. Ek het rustig my eie gang gegaan, maar Hy het dit kom verbreek. Hy het my aan my nek gegryp en my neergegooi. Dit het vir my gevoel ek breek in stukkies. Toe het Hy my gevat en my sy teiken gemaak.

13. Dit was of sy pyle oral by my verbygevlieg het. Die pyle het my niere deurboor en my gal het op die grond uitgeloop. Hy het niks vir my gevoel nie.

14. Hy het my aanhoudend gewond en op my afgestorm soos ’n soldaat wat ’n vyand aanval.

15. Hier sit ek soos iemand wat oor ’n dooie rou. Platgeslaan! Ek het klere aan wat van sak gemaak is en ek sit in die stof.

16. My gesig is rooi gehuil en daar is swart kringe om my oë.

17. Ek is nie skuldig aan enige geweld nie. Daar is net mooi niks met my gebede verkeerd nie.”

Job 16