1. Job het geantwoord en gesê:
2. “Sjoe, maar julle is darem slim mense! As julle doodgaan, is alle kennis saam met julle daarmee heen!
3. Maar ek weet darem ook ’n paar dinge. Julle is niks beter as ek nie. Wie weet nou nie van die dinge waarvan julle praat nie?
4. En tog lag julle, my vriende, vir my. Die Here het my nog altyd geantwoord as ek Hom iets gevra het. Ek is ’n eerlike mens, niemand kan iets slegs van my sê nie. Nogtans lag julle vir my.