19. Dan sou dit gewees het of ek nooit eens bestaan het nie. Hulle sou my sommer reguit van my geboorte na my graf toe kon dra.
20. Ek het nie meer baie tyd oor om te lewe nie. Los my net ’n bietjie in vrede. Vat net die aandag van my af weg sodat ek ’n tydjie kan hê wat ek kan geniet.
21. Ek wil graag ’n slag bly wees voordat ek na ’n land gaan waarvandaan ek nooit sal terugkom nie. Dit is ’n land wat stikdonker is.
22. Dit is ’n pikdonker land. Alles is deurmekaar daar. Dit is chaoties! Selfs die lig is daar donker.”