12. U het vir my lewe gegee. U liefde is ook altyd daar. Dit is nie een dag op en die ander dag af nie. Omdat U my liefhet, het U my nog nooit in die steek gelaat nie. U sorg het gemaak dat ek nog kon aangaan met my lewe.
13. “Maar ek besef nou dat U nog altyd geheime planne gehad het.
14. U het my dopgehou en geweet van elke verkeerde ding wat ek gedoen het. U plan was om my nie daarmee te laat wegkom nie.
15. As ek daaraan skuldig was dat ek slegte dinge gedoen het, verdien ek al die ellende. Maar ek is onskuldig en tog kan ek nie my kop optel nie. Dit is omdat ek voel dat ek verskriklik verneder is en dit baie sleg met my gaan.
16. En as ek dit tog sou regkry om my kop op te tel, sal U my jag soos ’n leeu. U sal net weer u geweldige krag teen my gebruik.
17. U sal ook net weer nuwe goed teen my inbring. U frustrasie met my bou net meer en meer op. Daar is gedurig nuwe ellendes wat my tref.
18. “Hoekom het U toegelaat dat ek gebore word? Ek moes dood gewees het voordat enigiemand my gesien het.