17. Hulle goddeloosheid vernietig die land soos ’n veldbrand. Alles word voor die voet deur so ’n brand verteer, nie net die dorings en bossies nie, maar ook die bos. Al wat oorbly, is die rook wat in die lug bly hang.
18. Die woede van die Here die Almagtige versprei soos ’n veldbrand deur die land. Die volk het sy vuurmaakhout geword, elkeen net oor homself bekommerd.
19. Hulle steel kos net waar hulle kan, maar dit is nie genoeg om hulle honger te stil nie. Selfs hulle buurman loop deur onder hulle geplunder.
20. Die broers, Manasse en Efraim, veg teen mekaar. Op hulle beurt val hulle weer vir Juda aan. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.