6. Hulle beplan om Juda aan te val en te oorrompel sodat hulle die land vir hulleself kan vat en die seun van Tabeal as hulle eie koning oor Juda kan aanstel.
7. Maar nou sê Ek, die Here jou God, vir jou: Dit sal nooit gebeur nie!
8. Want Sirië is nie sterker as sy hoofstad, Damaskus, nie, en Damaskus het niks anders om op staat te maak as koning Resin nie. Wat Efraim betref, binne 65 jaar sal hulle so uitmekaargejaag wees dat hulle nie eers meer ’n volk genoem sal word nie.
9. Want Israel is nie sterker as sy hoofstad, Samaria, nie, en Samaria het niks anders om op staat te maak as koning Peka nie. En julle? As julle nie in geloof vasstaan nie, sal julle ook nie voortbestaan nie.
10. Nie lank hierna nie het die Here weer vir Agas ’n boodskap gestuur:
11. Jy kan vir My enige teken vra as bewys dat Ek my woord sal hou,” het die Here gesê. “Al is dit ook iets uit die doderyk of uit die hemel uit.”
12. Maar Agas het geweier. “Ek sal nie vir ’n teken vra nie,” het hy gesê, “ek sal nooit die Here so tart nie.”