Jesaja 7:23-25 Die Boodskap (DB)

23. “In daardie tyd sal elke stuk grond wat voorheen vol geplant was met duisende wingerdstokke wat ’n fortuin werd was, oortrek wees met dorings en onkruid.

24. ’n Mens sal daar tussen die doringbosse kan gaan jag, want dit is al wat daar sal bly groei.

25. Bo-op die heuwels waar daar voorheen landerye was, sal die doringstruike en bosse so dig groei dat die mense te bang sal wees om daar in te gaan. Net die skape en beeste sal daar wei.”

Jesaja 7