Jesaja 7:21-24 Die Boodskap (DB)

21. As die land so kaal gestroop is en iemand sou dalk nog ’n jong koei en twee skaapooie oorhê,

22. sal hy genoeg dikmelk hê om te eet uit die oorvloed wat hulle sal gee. Die enigste kos wat die paar mense wat in die land oorgebly het, sal hê om te eet sal heuning en dikmelk wees.

23. “In daardie tyd sal elke stuk grond wat voorheen vol geplant was met duisende wingerdstokke wat ’n fortuin werd was, oortrek wees met dorings en onkruid.

24. ’n Mens sal daar tussen die doringbosse kan gaan jag, want dit is al wat daar sal bly groei.

Jesaja 7