9. Moet tog nie so verskriklik kwaad bly vir ons nie, Here. Hou tog op om ons sonde vir altyd teen ons te hou. Hou tog in gedagte dat ons almal aan u volk behoort.
10. U stad Sion het so verlate soos ’n woestyn geword. Daar bly nie meer mense in Jerusalem nie.
11. U pragtige tempel waar ons ouers U kom vereer het, is nou afgebrand. Alles wat vir ons waardevol was, is nou daarmee heen.
12. Gaan U hierdie dinge dan maar net so los, Here? Gaan U maar net stilbly en toelaat dat ons so vreeslik swaarkry?