1. As U tog maar net die lug wou oopskeur en van bo af hiernatoe wou afkom! Die berge sal dan voor U skud en bewe
2. soos wanneer vuur hout aan die brand steek en dit die water laat kook. U vyande sal dan van U kennis neem. Die volke sal van bangheid vir U bewe.
3. U sal vreeslike dinge doen wat ons nie verwag het nie. U sal afkom en die berge sal skud.
4. Niemand het nog ooit van ’n god gehoor of een gesien wat soos U dinge laat gebeur vir hulle wat op Hom vertrou nie.
5. U wil graag te doen kry met hulle wat met vreugde reg leef en in gedagte hou hoe U wil hê dat hulle moet leef. Maar U is kwaad vir ons, want ons het sonde gedoen. Ons doen dit nog van altyd af. Kan ons nog ooit gered word?