5. Julle het seks onder groot bome om die afgode te vereer. Julle slaap by mekaar onder groen bome ter wille van die seksgode. Julle sny kinders keelaf onder in die laagtes. Julle offer hulle vir die afgode onder ’n groot rots.
6. Julle maak van die groot klippe onder in die spruit julle gode. Julle dink dat hulle julle lewens reg kan laat loop. Julle gooi drank oor hierdie klippe uit om vir die gode te offer. Julle kom sit kos voor die klippe neer om hulle te aanbid. Dink julle vir ’n oomblik dat Ek hiermee tevrede kan wees?
7. Julle klim op hoë berge om daar vir die gode seks te hê. Julle klim teen die berge uit om daar vir die gode offers te gaan bring.
8. Jy het jou afgode in jou huis gaan sit en die deur agter jou gesluit. Jy het padgegee van My af en soos ’n prostituut met die afgode in die bed gaan klim. Jy het met hulle ’n ooreenkoms gaan maak soos ’n slegte vrou wat betaal word om saam met haar minnaars in die bed te klim.