Jesaja 54:15-17 Die Boodskap (DB)

15. As iemand jou kom aanval, is dit nie omdat Ek dit wil hê nie. Wie ook al jou probeer aanval, gaan seerkry.

16. Ek het die bewerker van yster gemaak wat wapens in die vuur vervaardig. Ek het die soldate gemaak wat met daardie wapens oorlog maak.

17. Geen wapen wat teen jou gebruik word, sal suksesvol wees nie. Iemand wat verkeerd teen jou getuig in die hof, sal vervolg word. Dit is hoe Ek hulle beskerm wat doen wat Ek van hulle vra. Ek laat hulle regverdig behandel, sê die Here.

Jesaja 54