28. Hulle pyle is vlymskerp en hulle boë is reeds gespan, reg om te skiet. Die vonke spat onder hulle perde se hoewe uit. Die wiele van hulle strydwaens draai soos ’n warrelwind.
29. Hulle oorlogskrete klink soos jong leeus wat met ’n gebrul op hulle prooi afstorm. Hulle gryp die prooi en sleep hulle sonder teëstand weg, sonder dat iemand dit kan keer.
30. Daardie dag sal die vyand se voeteval soos die dreuning van die see klink wanneer hulle op Israel afgestorm kom. As ’n mens oor die land uitkyk, sal daar net donker en ellende wees soos wanneer donker wolke die son se lig wegkeer.